dis ’n stille somers nag.
die gordyne dans in die gloed van die sterrelig.
daar is ’n papier bootjie, netjies op die rak.
’n seun lê, toegedraai in sy kombers.
sy kop rus op die koue kant van die kussing.
“stuur groete vir die maan”, sal ek sê.
as sy ooglede swaarder en swaarder begin voel, voordat hy in
’n sondvloed van verbeelding insluip, voordat sy hart stadiger
begin klop,
voordat hy in ’n hele ander wêreld ingaan,
voordat hy slaap.